KVB000000002 Admin

Aantal posstukke : 1253 Join date : 2010-02-07
 | Onderwerp: ALLANRIDGE VROUE OOR GELD VERMOOR Mon Jun 07, 2010 8:51 pm | |
| SKIET DIE D*NNERSE VUIL STRAATHONDE- EN SPAAR DIE BLANKE BELASTING BETALER GELD!
Allanridge-vroue glo oor geld vermoor 2010-06-07 http://www.volksblad.com/Suid-Afrika...rmoor-20100604
VIRGINIA. – Een van mev. Alice Lotter (76) van Allanridge se vermeende swart moordenaars het gesê hy het haar twee keer met ’n skêr in die nek gesteek omdat sy hom geld geskuld het.
Lotter en haar dogter is wreed in hul huis aangeval en later aan hul veelvuldige beserings dood.
Mnr. Joseph Hlongwane (22), wat by mev. Lotter en haar dogter, Helen (57), as tuinier gewerk het, het drie dae ná die aanval, op 9 Maart 2009, ’n bekentenis voor landdros J. Smith afgelê.
Hy het vandeesweek in die verhoor aangevoer dat hy deur die polisie gedreig, gedwing en voorgesê was wat om in sy bekentenis te sê, maar dit is deur regter S.P.B. Hancke verwerp en die bekentenis is as getuienis en bewysstuk by die hof ingedien.
Luidens die bekentenis is Hlongwane die Vrydag (6 Maart) omstreeks 18:00 na mev. Lotter, wat hy net as Oumies geken het, se huis om geld wat sy hom glo vir sewe weke se tuinwerk geskuld het, te kry.
Sy het hom glo weggejaag en hy is na ’n taverne waar hy saam met vriende gekuier het. Ná sowat ’n uur is hy terug na die huis, het oor die heining gespring en in die Lotters se bakkie geklim.
Mej. Lotter, wat die bakkie se deur gehoor het, het uit die huis gekom en met ’n sambok na hom gestap. Hy het met sy een voet buite die bakkie die voertuig agteruit laat loop tot dit teen die hek gebots het. Hy het toe uitgespring en in die straat ingehardloop. Hy het sy vriend en medebeskuldigde, mnr. Joseph Khumalo (21), daar gekry. Hulle is na die agterkant van die huis waar hy ’n vensterruit met ’n skêr gebreek en ingeklim het.
Hy het mev. Lotter gevra waar sy geld is en haar twee keer met die skêr in die nek gesteek. Sy het op die vloer geval.
Hy is terug na die stukkende venster en het vir Khumalo geroep wat toe ook ingeklim het.
Mej. Lotter was toe nog buite die huis en het die deurknip gedraai en geroep om in te kom. Hlongwane het vir Khumalo gestuur om die voordeur te gaan oopmaak.
Hyself is terug na mev. Lotter en het haar gekry waar sy oor haar selfoon met die polisie gepraat het. Hy het die selfoon gegryp en dit afgesit.
Hy het haar weer vir geld gevra, waarna sy gesê het dit is in haar kamer. Hy het haar daarheen geneem waar sy ’n beursie vir hom gewys het.
Hy het daarin ’n R20-noot, ’n R5-stuk, ’n R2-stuk en ’n klomp 5c-stukke gekry.
In ’n ander vertrek het hy ’n radio gevat en gehoor hoe Khumalo en mej. Lotter elders in die huis “geraas maak”.
Hy het vir Khumalo gesê mev. Lotter het die polisie gebel, hulle moet vlug.
Hy is weer by die stukkende venster uit. Toe Khumalo later nie uitkom nie het hy die radio by bome gelos en met die beusie na sy ouerhuis gevlug. Khumalo het later met leë hande daar aangekom. Die polisie het opgedaag, maar hy het toe na ’n plaas buite Bothaville gevlug waar hy die volgende dag in hegtenis geneem is.
http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Allanridgevroue-glo-oor-geld-vermoor-20100604 |
|