Naand Vriende
Dus darem maar interessant om te sien hoe die lewe uit draai, ons is so gewoond om die vleeslike te beskerm dat ons tot uiterstes sal gaan om ons liggaam, huis gesin en ons aardse besittings te beskerm.
Ek gesels toe vandag met ’n vriend op die plaas en hy vertel dat daar ’n suidlander groep in sy omgewing wil kom afpak as die dinge in die dorpe warm word, glo ’n groep van ’n paar duisend, sy vraag is , wat dink die mense gaan hulle eet , miskien sy diere?, dinge waarvoor hy hard gewerk het in die lewe en die ouens wil net kom vat.
Soos hy sê, dit gebeur nie so maklik nie. Hy vertel byvoorbeeld dat daar baie boere in die omgewing dieselfde voel oor die situasie en regmaak om sulke groepe teen te gaan. ( jammer maar dit lyk soos broer teen broer)
Ek lees toe ook oor die xenofobie wat gaan plaas vind na die sokker en dat daar alreeds 13 Somaliërs in die Kaap provinsie dood is die jaar.
Dan lees ek ook vroeër vanaand dat die Russe regmaak vir ’n oorlog teen Amerika in Afganistan en dat die twee Koreas mekaar nie wil uitlos nie en dat Israel nie baie vriendelik is met die bote in hul omgewing nie.
Dan is daar een of ander slim man in Amerika wat reken dat die wêreld ekonomie nou eers gaan val want dit is kunsmatig herstel. Dus baie mense gaan hul werk verloor.
Moet ook nie vergeet van die aids probleem en dan nog die vark griep en ander siektes wat jy kry van vleis daar in die karoo nie.
Al die dinge kom neer op drie dinge, die strawwe van die Bybel, Oorlog, hongersnood en pes siektes.
Nou hier is my vraag, as daar ’n straf gerig oor die volk kom, waarna toe gaan jy vlug sonder dat die straf jou gaan inhaal. Die straf gerug kom van VADER as gevolg van ons volk se afgodery (sport, drank, drugs, seks en uitbastering), Jy sien as jy in die stad is, kan jy val deur hongersnood en pes en as jy in die veld is, kan jy val deur die swaard. Daar sal geen redding deur die menslike hand wees nie, maak nie saak hoe goed jy voorbery is nie!
Moet ons nie dalk eers na ons binne kamers vlug nou al, terwyl daar tyd is en op ons knieë neerval en hard uitroep na ons VADER in die Hemele en om vergifnis en genade smeek en dalk sal VADER ons genadig wees.
Mense jul gaan verniet vlug as jou lewe nie reg is nie, kom tot inkeer, bekeer jou van jou verkeerde wee en lewe soos die Woord dit vir jou sê, net miskien dan sal die dood Engel jou verby gaan.
Is die bloed van die LAM op jou hart se deur kosyn en kan jy nou voor die Troon gaan staan en verduidelik hoekom jy jou lewe volgens die wêreld ingestel het?
Bid Asseblief saam my vir genade vir ons familie, vriende en ons volksgenote.
Mag die Koning van die heelal ons genadig wees.
GESTUUR DEUR RONEL ( VAALDRIEHOEK)