Fietsrit saam met my Vader
Nadat ek die eerste keer vir Jesus Christus ontmoet het, het die lewe vir my
gevoel soos 'n fietsrit op 'n tandem-fiets, en Jesus het op die
agter-sitplek gesit en Hy het my gehelp trap.
Ek weet nie mooi wanneer dit was dat ons plekke omgeruil het, maar
sedert Hy die voor-sitplek ingeneem het was die lewe nooit weer
dieselfde nie.
Toe ek in beheer was, het ek die pad geken; dit was redelik
voorspelbaar - altyd die kortste pad op my manier tussen twee punte.
Maar vandat Jesus Christus die stuurstokke oorgeneem het, is die hele
pad sommer interessant en opwindend, al hou ek soms asem in.
Hy neem ons oor asemrowende bergpaaie, deur rotsagtige plekke,
afdraendes teen nekbreek snelhede al wat ek kon doen was om vas te hou.
Selfs wanneer dit gelyk het na skone malligheid, het Hy aangemoedig met 'n
"hou aan met trap!". Ek het bang en paniekerig geraak en uitgeroep.
"Waarheen neem U my?"
http://fc07.deviantart.net/fs32/i/2008/227/b/f/A_mountain_path_by_eswendel.jpg
Hy het geglimlag en nie geantwoord nie, en ek het geleer om Hom te vertrou.
Ek het my voorspelbare leefstyl vergeet en het gewoond begin raak aan die
avontuur van op die agterste sitplek ry, saamtrap maar geen stuurstok
in my eie hande.
Wanneer ek soms begin bangraak, dan het Hy terug geleun en my hand
aangeraak. Hy het my geneem na mense met gawes wat ek nodig gehad
het.. gawes van genesing, aanvaarding, vriendelikheid. Hy het my beveel:
"Gee jou gawes weg, dis te veel bagasie, te veel gewig."
So het ek weggegee aan mense wat ons ontmoet het op die pad, en ek het
ontdek dat deur weg te gee, ek al hoe meer ontvang het, maar my vrag
het nie swaarder geraak nie, die las is lig.
Aanvanklik het ek Hom nie vertrou nie, en ek was self in beheer van my
lewe. Toe ek begin agter ry het, het gedink, Hy gaan ons verongeluk!
-- stelselmatig het ek gesien dat Hy fietsry-geheime ken.... Hy het
geweet hoe om deur 'n skerp draai te beweeg, hoe om te klim oor rotse wat
heeltemal te hoog gelyk het vir my, en waar om te jaag sodat ons
vinniger deur die gevaarlike plekke kon gaan.
Ek het geleer om my mond te hou en net saam te trap, dikwels op die
mees ongewone plekke; ek het begin ontspan en selfs geleer om die
natuurskoon
rondom my te geniet... en ook die koel wind in my gesig in die
permanente kameraadskap van Iemand wat my nooit begewe en verlaat nie,
die Heilige Gees. En elke keer wanneer ek seker was dat ek aan die einde was
van my eie kragte,
glad nie instaat om verder te gaan nie, dan het Hy geglimlag en
aangemoedig..
"Trap My Kind, Trap!"
"The will of God will never take you where the grace of God cannot protect
you"