IndexSoekRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Dapper meisie help familie red EmptySat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Dapper meisie help familie red EmptySat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Dapper meisie help familie red EmptySat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Dapper meisie help familie red EmptySun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Dapper meisie help familie red EmptyTue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Dapper meisie help familie red EmptyTue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Dapper meisie help familie red EmptyThu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Dapper meisie help familie red EmptyTue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Dapper meisie help familie red EmptyTue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
Dapper meisie help familie red I_vote_lcapDapper meisie help familie red I_voting_barDapper meisie help familie red I_vote_rcap 
KVB000000001
Dapper meisie help familie red I_vote_lcapDapper meisie help familie red I_voting_barDapper meisie help familie red I_vote_rcap 
KVB000000005
Dapper meisie help familie red I_vote_lcapDapper meisie help familie red I_voting_barDapper meisie help familie red I_vote_rcap 
KVB000021142
Dapper meisie help familie red I_vote_lcapDapper meisie help familie red I_voting_barDapper meisie help familie red I_vote_rcap 
KVB000021126
Dapper meisie help familie red I_vote_lcapDapper meisie help familie red I_voting_barDapper meisie help familie red I_vote_rcap 
KVB000021133
Dapper meisie help familie red I_vote_lcapDapper meisie help familie red I_voting_barDapper meisie help familie red I_vote_rcap 
Arend
Dapper meisie help familie red I_vote_lcapDapper meisie help familie red I_voting_barDapper meisie help familie red I_vote_rcap 
Admin
Dapper meisie help familie red I_vote_lcapDapper meisie help familie red I_voting_barDapper meisie help familie red I_vote_rcap 
Ridder Van Die Langpad
Dapper meisie help familie red I_vote_lcapDapper meisie help familie red I_voting_barDapper meisie help familie red I_vote_rcap 
KVB000021107
Dapper meisie help familie red I_vote_lcapDapper meisie help familie red I_voting_barDapper meisie help familie red I_vote_rcap 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share
 

 Dapper meisie help familie red

Go down 
SkrywerBoodskap
21146
Besoeker



Dapper meisie help familie red Empty
PosOnderwerp: Dapper meisie help familie red   Dapper meisie help familie red EmptySat Aug 07, 2010 11:08 pm

WELKOM. – ’n Weeskind (12) van Welkom, wat by haar ouma en oupa bly, was Donderdagnag waarskynlik haar familie se redding toe sy met mag en mening teen hul aanvallers gebaklei, hulle selfs met ’n kombuismes toegetakel en in die proses self erg beseer is.

Die meisie en haar familie van die woonbuurt Doorn word om veiligheidsredes nie geïdentifiseer nie omdat haar tante in die aanval verkrag is. Die meisie is ten tyde van die bakleiery deur die aanvallers iets ingegee om haar aan die slaap te maak. Toe sy kort daarna wakker word, het sy haar geveg met die aanvallers hervat en alles in haar vermoë gedoen om die verkragter van haar tante af te kry.

Die meisie, haar jonger boetie (4) en sussie (2) en haar tante is gister in ’n plek van veiligheid gehou waar hulle traumaberading moes kry.

Haar ouma en oupa is met veelvuldige beserings in die hospitaal opgeneem.

Die polisie het op die poeier wat die meisie ingegee is, beslag gelê en Lucy, die enigste polisiehond in die Vrystaat wat gebruik word om liggaamsvloeistowwe uit te ruik, het semen uitgewys wat tot verdere beslagleggings gelei het.

Die ure van hel vir die familie het begin toe drie mans Donderdagaand laat met ’n vuurwapen en panga by die grootouers se huis ingebreek het waar ’n snoepwinkel bedryf word.

Die mans het geld geëis, maar die bejaardes se gesmeek dat hulle en die kinders nie beseer word nie, het op dowe ore geval. Die oupa is vasgebind en aangerand en die ouma is met ’n vuurwapen geslaan.

Die meisie het haar oupa uit ’n plas bloed gesleep en hom met ’n kombers toegemaak, waarna sy die aanvallers bestorm en ’n kombuismes gegryp het om hulle daarmee te steek.

Sy is geklap en het ’n diep sny aan haar hand opgedoen. Dit het haar egter nie gekeer nie en die aanvallers het haar toe van die poeier ingegee.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê intussen het die tante (25) en haar vriend van Noordwes daar aangekom en reg in die rowers vasgeloop. Die man is met die panga gewond en die vrou is na ’n kamer gedwing waar sy verkrag is. Die meisie het wakker geword en haar tante te hulp gesnel.

In die harwar en skok is daar aanvanklik vermoed dat die kind ook verkrag is.

Die rowers het later met die grootouers se motor, sowat R1 000 kontant en selfone gevlug.

Die motor is later die nag deur ao. David Scott van die K9-eenheid langs ’n skool in die woonbuurt Thabong teruggekry.

Enigiemand met inligting wat die polisie in die ondersoek kan help, word gevra om kapt. Elmarie van der Merwe by 082-301-3075 te bel.

Volksblad

http://m.news24.com/volksblad/Suid-Afrika/Nuus/Dapper-meisie-help-familie-red-20100807

KVB Nuuskantoor.
Terug na bo Go down
 
Dapper meisie help familie red
Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Aanval op ons mense / Attack on our people-
Spring na: