IndexSoekRegistreerTeken in

Share
 

 "BOEWE, JULLE KRY NIE N 2DE KANS NIE"

Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000021142

KVB000021142

Aantal posstukke : 121
Join date : 2010-02-13
Age : 40
Ligging : Mpumalanga

"BOEWE, JULLE KRY NIE N 2DE KANS NIE" Empty
PosOnderwerp: "BOEWE, JULLE KRY NIE N 2DE KANS NIE"   "BOEWE, JULLE KRY NIE N 2DE KANS NIE" EmptyTue Aug 17, 2010 2:31 am

DIS TYD DAT ONS OPSTAAN EN TERUG BAKLEI.


’n Vrou van ’n veiligheidskompleks in Willow Park Manor, in die ooste van Pretoria, is in ’n bedenklike toestand en haar vriend in ’n ernstige toestand nadat aanvallers hulle in hul huis geskiet het.

“Ek wil hê jy moet ’n boodskap vir daai bliksems stuur.

“Kom probeer weer. Jy (aanvaller) gaan dit nie ’n tweede keer regkry nie,” het mnr. Willie Rademeyer (51) gesê oor eergisteraand se aanval op hom en me. Tanja Janse van Vuuren (45), sy vriendin. Hulle word albei in die Wilgers-hospitaal in Pretoria behandel.

Rademeyer is in die bors getref en Janse van Vuuren is in die regterhand geskiet en dieselfde koeël is by haar buik in.

“Sy het met haar hand probeer keer toe sy geskiet is,” het Rademeyer gesê.

Volgens hom was sy vriendin gistermiddag nog in ’n bedenklike toestand in die hoësorgeenheid van dié hospitaal.

Rademeyer het gesê hy en Janse van Vuuren het omstreeks 21:15 in hul huis voor die TV gesit toe sy opgestaan het om haar kat buite te gaan roep.

“Skielik het sy geroep: ‘Willie!’

“Ek het opgespring en terwyl ek na buite gestorm het, het ek gehoor hoe skiet hulle haar.

“Een het na my toe aangehardloop gekom en toe skiet hy my in die bors. Ek het geval en gesien hoe hy na my toe aangestap kom. Ek het gedink hy gaan my seker nou klaarmaak,” het Rademeyer vertel.

Hy het gesê toe die skieter so 3 m van hom af was, het hy opgespring en probeer om die pistool uit sy hand te gryp. “Ons het gestoei en toe hardloop hulle weg.

“Ek het ’n klein asbak wat op die tafel buite was gegryp en na die skieter gegooi. Hulle het gevlug sonder om enigiets te kry.”

Rademeyer het gesê die polisie was binne drie minute op die toneel, gevolg deur die ambulans.

Mnr. Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici het onmiddellik die paartjie behandel en gestabiliseer en hulle na die Wilgers-hospitaal geneem.

Kapt. Jan Sepato, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek klagte van poging tot moord.

http://www.beeld.com


"POS GESTUUR DEUR: KVB NUUSKANTOOR VAALDRIEHOEK"
Terug na bo Go down
 
"BOEWE, JULLE KRY NIE N 2DE KANS NIE"
Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Aanval op ons mense / Attack on our people-
Spring na: